Thursday, June 6, 2019

Interdimensionele Fisika: Norman Bergrun


Satan is reeds oorwin


Jeug is nie 'n siekte nie

Dit is vir my hartseer hoeveel keer ek in kerke hoor hoe daar deur ouer lidmate neergesien word op jonger lidmate. Sommige ouer lidmate is van mening dat God mense roep om 'n sekere amp te beklee (bv diaken, ouderling en andere), maar dan sê hulle terselfdertyd dat net mense wat bo 'n sekere ouderdom is 'n amp mag beklee. So hoor ek nou die aand iemand wat in sy vyftigs is wat by die kerk opmerk dat 'n ouderling net 'n ouderling moet word wanneer hy bo 35 is. Daar is toe ander wat met hom saamstem. Dus, hulle voer aan dat God mense roep, maar stel terselfdertyd hulle eie menslike voorwaardes aan 'n roeping deur aan te voer dat God net mense bo 'n sekere ouderdom roep. Dit is hartseer hoe sommige mense wat posisies in kerke beklee aanvoer dat hulle volgens Bybelse beginsels leef, maar wanneer hulle monde oopgaan, is dit wat hulle kwytraak heeltemal in stryd met sekere Bybelse beginsels. Ek het al gehoor van kinders in Kaapstad wat nuut uit die skool is en dan elke week hulle Vrydag- en Saterdagaande opoffer deur evangelisasie op die strate te doen. Ek praat onder korreksie, maar ek dink hulle word "naglopers" genoem. Hulle sukses, dank die Here, is baie goed en dit gebeur telkens dat hulle prostitute, dwelmhandelaars en bendelede na die Here toe bring.

Prediker 11:9 gee aan die jongmens die opdrag om hom of haar te verbly in sy of haar jeug. As jeugdigheid dan so 'n vloek is soos wat sommige ouer garde aanvoer, dan wonder ek waarom die Bybel by monde van die Prediker opdrag gee dat die jongmense hul moet verbly in hul jeug...

Die gees van hoogmoed wat in die kerk septer swaai en sekere lidmate noop om op ander neer te sien, gaan nog groot vernietiging bring... Dit het onder andere te doen met die feit dat Jesus Christus nie meer sentraal gestel word nie, maar dat mense eerder hulle ego's sentraal wil stel.